Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het sy kommer oor die voortdurende diefstal van waterpompe by staatsboorgate uitgespreek. Dié boorgate is veronderstel om behoeftige gemeenskappe te help en te verhoed dat hulle lang afstande op soek na water in landelike gebiede aflê. Schlettwein het dié opmerkings gister gemaak toe hy landboutoerusting aan lede van die Amarika-boerekoöperasie in Omusati oorhandig het. Die ministerie het ‘n totale bedrag van N$23,8 miljoen aan die ontwikkeling bestee. Video Tuyeimo Haidula

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.