Hoofregter Peter Shivute sê ‘n kommerwekkende neiging van diefstal en bedrog onder werknemers binne die Kantoor van die Regbank is ondraaglik. Verlede jaar alleen het die mensehulpbronne se direktoraat binne die kantoor van die regbank aanklagte van wangedrag wat diefstal en bedrog behels, aangeteken.

Die sake is binne die Direktoraat van Laer Howe aangemeld. “Die regbank moet te alle tye baie hoë standaarde van integriteit en etiese gedrag handhaaf. Dit is dus ontmoedigend dat daar ‘n baie hoë voorkoms van wangedragsake verlede jaar in veral die Direktoraat: Laer Howe aangemeld is”, het Shivute gister tydens die amptelike opening van die 2022-regsjaar gesê. Volgens hom voorspel diefstal van openbare fondse niks goeds vir die publiek se vertroue in die regbank nie.

“Aan alle regterlike beamptes en ondersteuningspersoneel, ek doen ‘n beroep op julle om toegewyd te bly tot die saak van geregtigheid. Wat ons doen en hoe goed ons dit doen, beteken die verskil tussen ‘n funksionerende demokrasie en een waar die publiek respek vir die oppergesag van die reg verloor weens ‘n wanfunksionele regstelsel,” het hy beklemtoon.

[Bron – New Era]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.