Kilimandjaro

Johan van Zyl van Gobabis, het die 2de Maart vanaf Windhoek na Etiopië gevlieg, daar oornag en die oggend van die 3de Maart gevlieg Tanzanië vir sy 6 dae lange stap na die kruin van Kilimandjaro. Hy het die Vrydagoggend 4 Maart vir die laaste keer `n foto van hom gestuur en met ons gepraat, hulle het omstreeks 8 uur vir hom kom optel by die hotel waar hulle na die hek vertrek het vanwaar hulle begin stap. Johan se droom was om op die 9de Maart met sy 29ste verjaarsdag bo-op die kruin te wees.

Vrydagoggend het my hart honderde slae gemis met die wete dat hy begin het en ook dat ons eers weer van hom sal hoor Donderdag die 10de Maart. Ek het geweet dit is `n groot droom maar `n ma bly `n ma. Ek het ook geweet dat ons Hemelse Vader se Engele met hom en sy groep sal wees.

Wat ‘n groot verrassing was dit nie om Dinsdag aand omstreeks 7 uur `n oproep van hom te ontvang waar hy vir ons sê hy is veilig terug by die hotel, hulle het `n dag vroeër klaar gemaak en hy was reeds Dinsdag 8 Maart op die kruin. Dit is `n groot prestasie vir hom en ons as ouers is bitter baie trots op hom. Hy het ook vir ons gesê dat die groep hom sal bederf op sy verjaarsdag die 9de Maart en dat dit een ongelooflike avontuur was en vreeslik mooi. Ons kan nie wag om alles te hoor as hy terug is nie. Johan vlieg Vrydag weer tot in Etiopië, waar hy weer sal oornag en Saterdag terug vlieg na Namibia toe waar hy 1 uur sal land in Windhoek. Omaheke MegaSave, waar hy tans werk, het vir hom `n vlag geborg wat hy dan ook gewys het op die kruin van Kilimandjaro.

– Sonja van Zyl

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.