[Bron – Windhoek Express]

Die eerste brandstofprysverhoging vir 2022 wat motoriste Woensdag in die gesig staar, is die eerste van vele, het ekonome gewaarsku.

Om ’n brandstoftenk hierdie Februarie vol te maak, sal byna 35% duurder wees as in Februarie 2021.

’n Jaar gelede het ’n liter petrol by Walvisbaai N$11,85 gekos. Dit sal Woensdag N$4,10 per litel duurder wees as die N$11,85 van verlede Februarie. Die dieselprys aan die kus sal tot N$15,98 styg vergeleke met N$11,88 ’n jaar gelede.

Gegewe die swakker Namibiese dollar en hoër globale olieprysverwagtinge, voorsien Simonis Storm (SS) brandstofprysverhogings vir Maart en April ook.

In reaksie op die regering se jongste brandstofprysaankondiging verlede week, het SS gesê die ministerie van myne en energie (MME) sal onderverhalings finansier deur fondse van die Nasionale Energiefonds (NEF) te gebruik. ’n Onderverhaling beteken die pompprys wat deur verbruikers betaal word, is laer as die koste waarteen brandstof ingevoer is.

Verlede maand alleen het onderverhalings N$67 miljoen beloop. In die afgelope twaalf maande het die MME ’n netto onderverhaling van N$9,28 per liter op petrol en N$5,60 per liter op diesel opgedoen, het SS gesê.

“Dit impliseer dat petrol- en dieselpryse tot onderskeidelik N$20,63/l en N$16,98/l moes gestyg het. Met die doel om finansiële verligting aan verbruikers te bied, het brandstofpomppryse nie hierdie vlakke bereik nie as gevolg van die NEF,” het die ontleders gesê.

Cirrus Capital het in sy onlangs-vrygestelde Economic Outlook 2022 gesê die ineenstorting van brandstofpryse in 2020 en die daaropvolgende hoogtepunte in 2021 daartoe gelei dat pomppryse rekordhoogtes in Namibië bereik het, en sodoende ook hoër inflasie aangevuur.

“Aanduidings is dat wêreldwye oliepryse nog ’n rukkie langer hoog sal bly, en selfs met Suid-Afrikaanse randsterkte, verwag ons dat dit steeds ’n mate van druk op prysvlakke plaaslik sal plaas – hoewel nie dieselfde mate wat ons in 2021 gesien het nie,” het Cirrus gesê.

Die ontleders het bygevoeg: “Die gevaar met hoër brandstofpryse is dat dit deurvoer in hoër pryse vir goedere en dienste waar brandstof/vervoer ’n komponent is, tipies met ’n vertraging van etlike maande. Ons verwag dat dit in die eerste helfte van 2022 sal deurdring, voordat die hoë basis van krag word.”

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.