Modelle van die Afrikaland Rwanda en Australië word deur prof Helmke Sartorius von Bach voorgehou om ‘n doeltreffende, volhoubare rooivleiswaardeketting in Namibië te vestig. “Daarvoor moet die beste markte vir bepaalde snitte beding word, die voorsieningsketting moet verkort deur middelmanne uit te sny en produsente moet vir die werklike waarde van hul produk vergoed word.” Hy is ‘n hoogleraar in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Namibië en deeltydse boer by Kamanjab.

Rwanda was in dieselfde posisie as Namibië voordat dié land se regering in 2009 sy beleid vir landbouvoedsel en besigheid aangepas het, sê prof Von Bach. “Sedertdein het veeproduksie daar met 18,8% per jaar geklim en tot op datum drievoudig toegeneem. Dit het huishoudelike inkomste verdubbel en armoede van 60% tot 39% laat daal. Daarby is Rwanda nou op die wêreld se top-tien lys vir ekonomieë wat die vinnigste groei.”

Prof Von Bach meen Namibië het dieselfde potensiaal as Rwanda om deur opbouende veranderinge die vleisbedryf te ondersteun om meer kos te produseer en werk- en sakegeleenthede plaaslik, nasionaal en internasionaal te skep.

In Australië het die wiel vir produsente in 2020 positief begin draai toe daadwerklike pogings aangewend is om hoëwaardemarkte in hoë-inkomstelande te onsluit.

FOTO: Prof Helmke Sartorius von Bach aan die woord oor hoe Namibië sy rooivleiswaardeketting doeltreffender kan maak.

[Bron – Afriforum]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.