Elizabeth //Kheibes – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het verlede week sy aanlyn platform vir visumaansoeke van stapel gestuur en gesê dié ontwikkeling kom op ’n tydstip waar Namibië meer as 141 000 ongedokumenteerde of staatlose mense aangeteken het.

Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, het gesê hoewel dié getal nie met sekerheid vasgestel is nie, “dui dit die omvang van die probleem van staatloosheid in Namibië aan”.

“Hierdie registrasie-inisiatief is deur die ministerie onderneem, as deel van die tweede Harambee-welvaartsplan (HPP2) se pilaar van maatskaplike vooruitgang, om die status van staatlose en ongedokumenteerde mense in Namibië te reguleer,” het die minister gesê.

“Dit sal bewerkstellig word deur toepaslike wetgewing in te stel. In ooreenstemming met die hoofdoel van die maatskaplike vooruitgangspilaar, wat daarop fokus om individue se lewenskwaliteit te verbeter, is die ministerie besig met die opstel van wetsontwerpe wat daarop gemik is om staatloosheid te voorkom en die status van gespesifiseerde kategorieë van staatlose en ongedokumenteerde mense te reguleer.”

VERMINDER

Vanjaar het Namibië Identiteitsdokumentdag herdenk onder die tema “Beëindig staatloosheid vir maatskaplike vooruitgang”.

“Ons erken dat Namibië, soos baie ander lande in die wêreld, die uitdaging van staatloosheid en ongedokumenteerde mense in die gesig staar. Ons erken eweneens ons moet staatloosheid in ons land verminder deur te verseker dat diegene wat geraak word hul reg op identiteit, reisdokumente en administratiewe bystand uitoefen,” het die minister gesê.

Kawana het beklemtoon die ministerie het kantore in al 14 streke gevestig.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.