farmland

Terwyl die direktoraat van grondhervorming steeds sukkel met ‘rekenaarprobleme’ as dit kom by die uitreik van gekorrigeerde grondbelastingaanslae, sal 2021 – ’22 se aanslae reeds in Maart aan kommersiële plaaseienaars uitgestuur word.

Dit is ook teen 31 Oktober vanjaar betaalbaar.

Die Namibië Landbou-unie (NLU) het in sy jongste nuusbrief gesê tydens ‘n besoek deur hul president, Piet Gouws aan !Nanuseb, is hy meegedeel dat die rekenaarprobleme nog nie uitgestryk is nie en hulle steeds daarmee besig is.

Tans word handgekorrigeerde aanslae wel uitgereik aan diegene wat hul kantore besoek en daarvoor vra.

Die keerdatum vir die betaling van grondbelasting vir die boekjare 2016 – ’17 en 2020 – ’21 was reeds 31 Oktober verlede jaar. Daar is wel uitstel tot 31 Desember 2022 gegee vir die betaling van aanslae vir die boekjare 2017 – ’18 asook 2018 – ’19, wat aanvanklik foutief bereken is.

Dit was sodat die direktoraat sy rekenaarprobleme kon regstel.

Intussen het die waardeerder-generaal Rudolf !Nanuseb egter aan die NLU die versekering gegee dat grondeienaars nie gepenaliseer sal word vir agterstallige belasting nie en dat die uitstel wat hiervoor toegestaan is, tot verdere kennisgewing sal geld.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.