El Niño-toestande asook ’n positiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) heers tans, volgens die Australiese Buro vir Meteorologie se opdatering van 26 September.

Die buro sê die sentrale en oostelike dele van die Stille Oseaan se seeoppervlaktemperature gaan voort om El Niño-drempels te oorskry, terwyl weermodelle verdere verhitting vir die sentrale dele van dié oseaan voorspel.

“Klimaatmodelle dui aan dat El Niño-toestande na verwagting ten minste tot einde Februarie sal voortduur,” het die buro gesê.

Terselfdertyd is die Indiese Oseaan warmer as normaal. “Die IOD het op 1,45 °C vir die week van 25 September gestaan. Dit beteken dié oseaan se seeoppervlaktemperatuur is 1,45 °C warmer as normaal. Dit is die sesde agtereenvolgende week dat ’n positiewe IOD-drempel (’n seeoppervlaktemperatuur van 0,4 °C) gehandhaaf word. Alle weermodelle is dit eens dat die IOD ten minste tot die einde van die lenteseisoen sal voortduur, sê die buro.

’n Positiewe IOD sowel as El Niño-toestande kan ’n negatiewe uitwerking op Namibië se reënseisoen hê.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.