Cattle

Veilingpryse vir vee het die afgelope week die laagste vlakke sedert die begin van die afgelope reënseisoen – en waarskynlik langer – bereik.

‘n Kleiner vraag na Namibiese speenkalwers uit Suid-Afrika asook ‘n ondergemiddelde reënseisoen is waarskynlik die grootste redes hiervoor.

Sedert Januarie het die prys vir tollies en verse onderskeidelik van N$39,74 per kg en N$35,25 per kg na N$29,09 en N$26,29 per kg geval. Dit verteenwoordig prysverlagings van onderskeidelik N$10,65 en N$8,96.

Die prys van stoorosse en –verse het ook met onderskeidelik N$5,94 per kg en N$6,34 gedaal, terwyl veilingpryse vir bokke verlede week die eerste keer tot onder N$1 000 per bok te staan gekom het. In die week van 27 Maart het bokke ‘n gemiddelde prys van slegs N$943 op nasionale veilings behaal.

Daarteenoor is daar in Mei verlede jaar gemiddeld N$1 345 per bok op nasionale veilings betaal.

Die prys vir koeie, maer tot vet, het van N$24,16 tot N$32,66 per kg in Januarie tot N$18,74 tot N$27,72 per kg die afgelope week gedaal.

Koeie met kalwers se gemiddelde prys het oor die tydperk ook van N$11 577 na N$11 191 gedaal, terwyl dit in Mei verlede jaar nog op N$12 992 gestaan het.

Veilingprys vir skape het ook gedaal van meer as N$32 per kg in Januarie, na ongeveer N$30 per kg die afgelope week.

Slagpryse het oor die algemeen verbeter, met Beefcor wat die hoogste prys van tussen N$62,00 en N$64,00 per kg vir A- tot C-grade betaal.

[ Bron – Rebublikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.