Ellanie Smit – Vee-uitvoersyfers het in Julie met 24,7% toegeneem vergeleke met die vorige maand, terwyl uitvoerabattoirs in Julie ’n afname van 30,6% aangeteken het teenoor die aantal diere wat in Junie geslag is.

Volgens die Vleisraad van Namibië se maandelikse markverslag het die uitvoer van lewende vee (hoofsaaklik speenkalwers) gegroei van die 12 482 koppe wat in Junie uitgevoer is tot 15 577 stuks vee wat in Julie uitgevoer is.

Dit is 0,10% meer as die aantal beeste wat in Junie 2022 uitgevoer is.

Die Vleisraad het gesê hierdie toename kan toegeskryf word aan die verbeterde vraag na speenkalwers van Suid-Afrikaanse voerkrale.

Sowat 99% van lewende uitvoere was vir Suid-Afrikaanse voerkrale bestem, en 1% vir boerdery- en teeldoeleindes.

DROOGTE SE ROL

Die aantal beeste wat by uitvoerabattoirs geslag is, het afgeneem van 15 345 wat in Junie geslag is tot 10 701 in Julie. Dit is egter 65,8% meer as die getalle wat in 2022 by uitvoerabattoirs geslag is.

“Dit kan geraak word deur die aanbod wat deur die droogte teweeggebring is na aanleiding van lae reënval wat gedurende die 2022-’23-reënseisoen ervaar is.”

Produsentepryse het in alle A-, B- en C-klaskategorieë gestyg saam met speenkalfveilingpryse suid van die veeartsenykordonheining (VCF), en het in Julie met 12.5% gestyg.

“Verbeterings is ook waargeneem in die veilingspryse noord van die VCF, wat met 47,5% toegeneem het vanaf die Junie-vlak van N$15,15/kg en verspryse wat met 16,77% toegeneem het vanaf die Junie-vlak van N$22,36/kg.”

STABIELE PRYSE

Die Vleisraad het gesê speenkalfpryse het in Julie opgetel en sou na verwagting stabiel bly rondom N$26/kg vir Augustus.

“Hierdie toename word hoofsaaklik toegeskryf aan ’n afname in die aantal speenkalwers wat gedurende Juliemaand opgeveil is, wat met 85,6% gedaal het.”

Suid-Afrikaanse speenkalfpryse het egter ’n styging van 1.78% styging gedurende Julie aangeteken.

Dit is as gevolg van ’n verbetering in die vraag van voerkrale as gevolg van laer vlakke van beurtkrag.

Pryse sal na verwagting bestendig bly tussen Augustus en Oktober.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.