Ek tjank gereeld. Oor alles en nog wat. Maar ek het nooit geweet dat mense se oë drie verskillende soorte trane, wat bestaan uit sout, hormone en proteïne, kan maak nie. Reflekstrane beskerm jou oë teen irritante, basale trane beskerm ons korneas en dan is daar die lekkerste trane – die emosionele trane. Krokodiltrane tel nie hier nie.

Ek het ook nie geweet dat ons oë enigiets van 15-30-liter trane per jaar kan vervaardig nie.

Ons trane het ‘n olielagie op wat help dat ons steeds deur ons trane kan sien.

Waar gaan refleks en basale trane dan heen nadat dit in ons oë gevorm het? Dit dreineer eenvoudig in die hoeke van ons oë waar dit óf verdamp óf in ons neuse opeindig.

Wat van uie-trane? hoor ek iemand vra. Ons huil as ons uie skil want dié skerp groente stel sin-propanetiese S-oksied vry wat ons oë irriteer. Daar is hoop vir almal wat uie-trane huil. ‘n Nuwe ui, die Sunion, is ontwikkel om te keer dat jy sneesdoekies moet nader sleep voordat jy kan braaibroodjies maak.

Ja, dis waar! Vrouens huil gemiddeld twee keer soveel soos mans, en mans snik net ongeveer 6% van die kere wat hulle huil.

Maar … dis nie net mense wat huil nie. Diere kan ook emosionele trane stort. Ek glo dit, al sal bioloë en wetenskaplikes met Darwin, wat geglo het dat diere kan huil, verskil.

[Bron – Die Waarheid]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.