speenkalf

Botswana se toetrede tot die Suid-Afrikaanse voerkraalbedryf met goedkoper speenkalwers het wel ‘n uitwerking op die Namibiese speenkalfprys. Die verwagting is egter dat die speenkalfprys teen middel Julie weer kop sal optel om voorsiening vir die hoër vraag in Kerstyd te maak, sê Desmond Cloete, hoofbemarkingsbeampte van die Vleisraad.

Volgens hom voer Namibië nou minder speenkalwers na Suid-Afrika uit omdat getalle nog nie herstel het nadat kuddes weens die droogtejare gehalveer het. Botswana vul nou hierdie tekorte aan.

[Bron – Agriforum Namibian Agriculture Magazine]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.