Indien alles volgens plan verloop, kan bouwerk aan die Savanna Beef Processing-aanleg (SBP) dalk reeds in Mei vanjaar begin, terwyl die aanleg dan teen November of Desember 2024 operasioneel kan wees.

Die konstruksiefase sal 18 maande neem, het Mecki Schneider (foto), gesê.

Schneider is die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) se taakspan-voorsitter.

“Ons is aktief besig met ’n klomp paralelle aksies, met twee belangrike aspekte wat sedert Januarie getakel word: Die ontwerpfase van die aanleg, asook die finansiering van SBP,” het Schneider gesê.

Hy sê tans moet daar oor dié “twee groot hekkies gespring word”.

“Die eerste hekkie is die ontwerp en die werklike koste van die aanleg. Tot dusver kom ons syfers uit haalbaarheidstudies, nou werk ons met werklike koste. Die tweede hekkie is die finansiering van die aanleg,” het hy verduidelik.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.