Dit is dag 13 sedert Rusland die Oekraïne binnegeval het.

Die Oekraïne se weermag het hul man gestaan op verskeie fronte in en om Kiev gestaan terwyl Rusland burgerlike teikens aangeval het.

Rusland se poging om Oekraïense stede te omsingel is goed op dreef. Missiel- en vuurpylaanvalle op militêre teikens en stede in die noorde asook die suide van Oekraïne het voortgewoed. Die aanvalle het dit moeilik gemaak vir burgerlikes om hul wonings via afgebakende ‘humanitêre gange’ te ontsnap.

Die Oekraïnse magte het egter teenaanvalle geloods.

Daar is wel sprake van nog ‘n skietstilstand-vergadering wat in Turkye sal plaasvind om areas uit te wys waarlangs Oekraïense burgerlikes landuit kan vlug nadat die vroeëre ooreenkomste in duie gestort het.

In Rusland is duisende mense wat teen die oorlog betoog het, gevangene geneem nadat betogings onwettig verklaar is. Facebook, Twitter en onafhanklike media is ook verban omdat mense daar opinies gelug het oor die oorlog, meestal negatiewe kommentaar oor Rusland.

Weens die oorlog het oliepryse deur die dak geskiet. Die globale maatstaf, Brent-ruolie, het meer as $130 per vat bereik, die hoogste vlak sedert Julie 2008, voordat dit begin daal het. Amerikaanse aandele en globale aandele-indekse het ook gedaal.

[Bron – Die Waarheid]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.