Die Namibië Landbou-unie (NLU) is as die agste verweerder in die regsaksie rakende die verwydering van die veeartsenykordonheining (VCF), ook bekend as die Rooilyn, gevoeg.

Die Affirmative Repositioning (AR)-aktivis Job Amupanda op 26 Mei verlede jaar ’n hofbevel aangevra om die heining te laat verwyder en as onwettig en ongrondwetlik te laat verklaar.

Hy het Calle Schlettwein as minister van landbou, water en grondhervorming, die regering, prokureur-generaal Festus Mbandeka en ’n amptenaar in die direktoraat van veeartsenydienste, Hango Nambinga, as verweerders in die saak gelys.

Die Vleisraad van Namibië is intussen as ’n vyfde verweerder bygevoeg ná sy versoek om ingesluit te word.

Twee kommersiële boere, André Compion en Diethelm Metzger, het ook as derde partye by die saak aangesluit.

Die saak is tot 7 Februarie vir ‘n verhoordatum uitgestel.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.