meatco

Meatco sê dit het kontantvloei-probleme ervaar weens vertragings om klaring vir besendings te bekom.

Dit is glo die rede waarom die vleisfabriek agterstallig geraak het met betalings aan beesprodusente en hulle nie binne 30 dae kon betaal nie.

Die oponthoud is veroorsaak deur “hoë volumes en veranderinge in noodsaaklike logistiese dokumentasie en prosesures”, het Meatco pas in ‘n mediaverklaring gesê.

Dit volg nadat Meatco-produsente by die onlangse Lewendehawe Produsente-vereniging (LPO) se kongres in Windhoek gesê het die onderneming skuld hulle tussen N$300 miljoen en N$350 miljoen en is so lank as 80 dae agterstallig met betalings.

Meatco sê die oponthoud met die klarings vir besendings is nou uitgeklaar.

“Alle dokumente is nou met kliënte gedeel, besendings het klaring ontvang en Meatco is besig om produsente se agterstallige betalings in te haal,” is daar in die verklaring gesê.

Meatco het van die geleentheid gebruik gemaak om daaraan te herinner dat Namibië, deur Meatco, die enigste land in Afrika is wat kan uitvoer na markte soos Noorweë, China, Amerika en die res van Europa.

“Meatco bestuur toegang tot die markte behendig deur gehoor te gee aan streng internasionale oudit-vereistes. Dit is ‘n bewys dat Meatco ‘n bevoegde en funksionele bestuurspan het wat leierskap en strategiese bied,” lui die verklaring.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.