weer

Terwyl koue weer en enkele reënbuie vandag reeds (Woensdag 26 Julie) vir die suidooste voorspel word, sal dit na verwagting teen die naweek baie koud in die suide, sentrale en oostelike dele van die land raak.

Koue, arktiese lug sal dan vanaf Sondag noordwaarts begin beweeg, waarsku die Namibiese weerkantoor.

Dit volg nadat ‘n kouefront die Kaap vroeg vandeesweek getref het en koue, reën en selfs ysreën na die vasteland gebring het. Dit bring reënbuie na die suidweste van Namibië. wat dan sal oorskuif na die Oos-Kaap en met ‘n suidoostelike trajek sal beweeg teen Donderdagoggend.

Die naweek se koue word egter deur ‘n tweede kouefront veroorsaak, met temperature wat reeds vanaf Saterdag aansienlik sal daal. Sondag sal na verwagting nóg kouer wees met ‘n minumum en maksimum temperatuur van -3 °C en 14 °C wat vir die hoofstad voorspel word, terwyl Gobabis ook temperature van -3°C en 15 °C kan verwag. In die Suide kan Keetmanshoop Sondag minimum en maksimum temperature vna 1 °C en 13 °C verwag, terwyl Karasburg Saterdag ‘n 30% kans het op verspreide reënbuie en temperature van 2 °C en 12 °C. Mariental se koudste dag sal na verwagting ook Sondag wees, met ‘n minimumtemperatuur van -2 °C en ‘n maksimumtemperatuur van 19 °C wat voorspel word.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.