Ellanie Smit – Baie min tot geen reën word vir minstens die volgende drie weke verwag, maar daar is kanse op reën in die laaste deel van September en Oktober.

Dit volgens ’n klimaatverslag vir graangebiede van Namibië wat die landbouweerkundige Johan van den Berg wat vandeesweek uitgereik het.

Hy het gesê die ontwikkeling van die El Niño-weerverskynsel is aan die gang en sal vir die seisoen tot ongeveer April volgende jaar teenwoordig wees.

“Maksimum temperature sal hoog wees vir die volgende paar weke, maar uiters hoog in die middel tot laat somer.”

Van den Berg het gesê minimum temperature vir sommige gebiede in die Noorde sal vroeg in September tot sowat 8 grade Celsius daal, maar tot sowat 3 grade Celsius naby Hardap met moontlike ligte ryp van 25 tot 28 Augustus asook van 5 tot 9 September.

Volgens hom het El Niño-ontwikkelings in Mei vanjaar begin en sal dit in Desember ’n hoogtepunt bereik.

“Die intensiteit van toenemende hitte sal sterk tot baie sterk wees. Huidige voorspellings skat ’n verwarming van tussen 2 en 2,8 grade Celsius warmer as normaalweg.

Van den Berg het gesê dit vergelyk goed met die sterkste El Niño sedert ongeveer 1950 wat in 2015-’16 plaasgevind het toe see-oppervlaktemperature ’n piek van 2,6 grade Celsius warmer as normaalweg bereik het.

“Onthou dat alle El Niño-gevalle nie in die verlede tot uiterste droë toestande gelei het nie – soos in die geval van die 2009-’10-El Niño met bogemiddelde reënval.”

Ongeveer gemiddelde reënval word vir September en Oktober verwag, maar gemiddelde tot ondergemiddelde reënval van November tot April. Die waarskynlikheid om ten minste gemiddelde reënval vir hierdie tydperk te ontvang is ongeveer 20- tot 40%.

Die tweede deel van die somer en veral van ongeveer Februarie tot April blyk die meeste geneig te wees tot droogtetoestande, het Van den Berg gesê.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.