Die uitvoere van lewende skaap het met 28,17% gekrimp op ‘n maand-tot-maand basis. Die hoeveelheid skape wat in September uitgevoer is, is egter steeds 103,88% meer as dieselfde tyd verlede jaar en 58% meer as wat uitgevoer is tydens die droogtejaar van 2019.

Dit aldus die Vleisraad van Namibië se maandelikse markstatistiek, wat verlede Donderdag (19 Oktober) vrygestel is.

Tot dusver is 9,43% méér skaap as die vyfjaargemiddeld uitgevoer – hoofsaaklik omdat die droogte van die afgelope reënseisoen boere daartoe dwing.

Terselfdertyd het verslagting by uitvoerabattoirs op ‘n maand-tot-maand basis met 11,3% gekrimp, maar steeds is daar 123,3% meer skape as in die selfde tydperk verlede jaar geslag. Dit word toegeskryf aan die heropening van die Farmers Meat Market-slagfasiliteit.

Volgens die Vleisraad is 99,46% van al die lewende skaap in September na Suid-Afrika uitgevoer, terwyl die orige uitvoere na Botswana en Zimbabwe gegaan het.

Skape wat uitgevoer is na abattoirs in Suid-Afrika het op ‘n maand-tot-maand basis met 22% gedaal, terwyl ‘n toename van onderskeidelik 10% en 16% gesien is in uitvoere na voerkrale en vir teeldoeleindes.

PRYSVERGELYKINGS

Die Suid-Afrikaanse produsente pryse vir A2-karkasse het ‘n effense afname van sowat 80c ervaar en het in September op N$82/kg te staan gekom. Na verwagting sal die vraag tydens die komende feesseisoen pryse weer laat styg. Die invloed sal na verwagting egter klein wees, gegewe die styging in rentekoerse en brandstofpryse.

Skaappryse in Australië het sedert ‘n hoogtepunt van N$84,40/kg in Februarie gedaal tot N$35,09/kg in September – ‘n afname wat veroorsaak word deur ‘n toenemende verskaffing van lammers wat vir nog ‘n paar maande sal voortduur.

Daar word ook gemeen dat die verwagte swak reënneerslae ‘n verhoging in skaapvleispryse kan teenwerk.

BOKKE

Die lewende uitvoer van bokke het met 3,49% op ‘n maand-tot-maand basis toegeneem van die 13 484 bokke wat in Augustus uitgevoer is, na die 13 955 bokke wat in September vanjaar uitgevoer is. Vanjaar se uitvoere was weer 13,29% hoër as ‘n jaar vantevore oor dieselfde tydperk.

Altesame 97,87% bokke is hoofsaaklik na voerkrale in Suid-Afrika uitgevoer, terwyl die res na Botswana (0,68%) en Zimbabwe (1,34%) uitgevoer is.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.