“Die uitstaande grondbelastingaanslae lê soos ’n rooi pen op boere se kontantvloei.

“Die herhaalde versoeke aan die kantoor van die ministerie vir gekorrigeerde aanslae en dat nuwe aanslae betyds uitgereik word, was tot dusver onsuksesvol. Dit is dus onafwendbaar dat uitstel verleen moet word vir die vereffening van hierdie aanslae.”

Dit is die woorde van die Namibië Landbou-unie (NLU) se uittredende president, Piet Gouws, tydens die afgelope NLU-kongres.

Gouws het tydens sy voorsittersrede gesê boere is opnuut onder druk met talle wat hulself tans weer midde ’n ernstige droogte bevind, terwyl daar nog nie genoegsame tyd vir herstel van die ernstige droogte van 2013 tot 2019 was nie.

Daarbenewens het uitdagings soos beurtkrag in ons buurland Suid-Afrika ’n negatiewe impak op produktepryse en ekonomiese herstel.

Dit volg nadat sommige eienaars van kommersiële landbougrond nog sedert verlede jaar sukkel om hul korrekte grondbelastingaanslae van die ministerie van landbou, water en grondhervorming te ontvang.

Die ministerie het vantevore in ’n onderhoud met Republikein gesê beide die stelsel vir die druk van belastingaanslae (Land Tax Assessment Printing System) asook die gerekenariseerde titelakte-registrasiestelsel (CDRS) het skade gely en dat daar saam met ’n konsultant gewerk sou word om dit te probeer herwin.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.