Landbou Wenke

Op ‘n jaar-tot-jaar basis het die bemarking van bees in Februarie binne alle segmente van die beessektor met dubbele syfers gedaal, volgens die jongste statistiek deur die Vleisraad van Namibië.

“Die beginpunt is om ‘n bevorderlike omgewing te skep vir verbeterde beleggings binne die lewendehawe sektor, wat tot groter primêre produksie sal lei,” het die Vleisraad in sy jongste verslag oor Februarie se bemarkingsyfers van lewendehawe opgemerk.

“’n Groot deel daarvan om ‘n gunstige omgewing vir boere te skep, sluit in om lewendehawe produsente mededingende pryse op ‘n voortdurende basis te betaal,” is gesê.

Altesaam 13 670 beeste is in Februarie bemark. Dit verteenwoording ‘n inkrimping van 24,5% op ‘n jaar-tot-jaar basis. Hiervan is 61% – die meeste speenkalwers – op die hoef na Suid-Afrika en Botswana uitgevoer.

Tog het lewende uitvoere van speenkalwers met 16,9% gekrimp teenoor 2022 as gevolg van ‘n kleiner vraag na Namibiese diere uit Suid-Afrika. Daarbenewens het verslagting by beide uitvoer- en B- en C-klas abattoirs met onderskeidelik 26,6% en 49,3% afgeneem.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.