Baie dankie aan alle partye betrokke met die herstel van die ikoniese Brahmanbul-standbeeld van Gobabis. Die herstel proses word hier verduidelik en uit gebeeld.

Hunters Pride Taxidermy was verantwoordelik vir die regmaak van die standbeeld.

Mnr Kobus vd Merwe het gevra of ons sal kans sien om die Cattle Country Bul standbeeld te herstel.

Ons by Hunters Pride Taxidermy in Witvlei het besluit om die projek kosteloos te doen om sodoende ‘n bydra te kan maak aan die Omaheke Distrik en Gobabis waar ons besigheid doen.

Mnr vd Merwe het die bul by ons kom aflaai op die 19de Januarie 2022. Van die bul se bene was afgebreek deur die sterk storm wat Gobabis in Desember getref het. Ek en my werkers het eers die verf van die hele glasveselvorm afgeskuur en moes die bul in die middel deursny van kop tot stert, sodat daar 2 helftes is. Die twee helftes is binne-in dikker gemaak met glasvesel en daarna is die bene weer aangeheg en versterk. Binne bene het pype ingekry wat aan die binnekant van die vorm vasgeheg is en ook aan die binnekant van die bene en by kloue. Die twee helftes is weer aanmekaar vasgesit met glasvesel.

Ek en 3 van my werkers, Manuel Witbeen, Nicodemus Namwandi & Gabriel Malapi het 9 dae aan die bulstandbeeld gewerk voordat Mnr v d Merwe hom weer kom laai het sodat die verfwerk deur Mev Ida Smith van Gobabis gedoen kon word.

Die bul is deel van Omaheke se beeld en moet terugkom op sy plek!

Chrisjan Alberts
Hunters Pride Taxidermy

Bul met bene af ontvang by Hunters Pride in Witvlei
Bul afgeskuur, versterk en 2 helftes weer aanmekaar vasgeheg
Hunters Pride Werk Span

Ida’s Art was verantwoordelik vir die verf van die standbeeld.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.